4 maande gelede
Seksuele kids se stats skok
Teen Pregnancies oral: Gans te veel jong meisies verwag.FOTO verskaf  ~ 

VAN Januarie 2018 tot Maart 2019 het 393 meisies tussen 10 en 14 jaar in die Wes-Kaap verwag.

In dieselfde tydperk het 13 213 meisies tussen 15 en 19 verwagtend geraak.

Dís die skokkende syfers wat deur die Wes-Kaapse departement van gesondheid bekend gemaak is.

’n Woordvoerder van die departement, Maret Lesch, sê daar is geen voorbehoedmiddels vir meisies by skole nie.

Hulle gee net berading, inligting oor seks en voortplantingsgesondheid, inligting oor voorbehoedmiddels en inligting oor dienste by skole.

“Voorbehoedmiddels en voortplantingsgesondheidsdienste word gratis by ons gesondheidsfasiliteite aangebied.

“Ons moedig seksueel aktiewe jong mense aan om hulle naaste kliniek te besoek. As jong couples seks het, moet hulle kondome gebruik. Dit sal help keer dat hulle siektes opdoen of verwagtend raak.”

Aanbeveel

Lesch sê volgens wet 92 van 1996 is alle vroue geregtig om ’n aborsie in ’n staatshospitaal of kliniek te ondergaan.

“Dis in die eerste drie maande van die vrou se swangerskap. Vroue van alle ouderdomme is daarop geregtig.”

Volgens Lesch word aanbeveel dat meisies jonger as 18 se ouers, tante of onderwyser saamgaan.

Ander skokkende syfers wat die departement bekend gemaak het, is dat in daardie selfde tydperk 351 meisies en 227 seuns tussen die ouderdomme van 15 en 19 behandel is vir seksueel oordraagbare siektes.

In dieselfde tydperk is 510 kinders tussen 5 en 14 positief getoets vir MIV. In die ouderdomsgroep 15 tot 24 jaar is 11 871 jong mense positief getoets.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters