Verlede maand
Sekssake: Hoof van verkeer kry bail
AANGEKLA: Farrel Payne het in die hof verskyn.  ~ Foto Verskaf

FARREL Payne, die Wes-Kaap se waarnemende verkeershoof, het gister in die Kaapse landdroshof op aanklagte van seksuele aanranding verskyn.

Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, het vroeër bevestig ’n klag van seksuele teistering word ondersoek nadat so ’n klag aangemeld is.

Gister het Bakker gesê die departement weet van die arrestasie.

Samewerking

“Die persoon is saam met sy regsverteenwoordiger na die Kaapstad-polisiestasie en het sy volle samewerking gegee.

“Die departement sal ook sy samewerking gee as hy deur die polisie gekontak word.”

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het ’n 55-jarige verdagte gister in die Kaapse landdroshof verskyn op klagte van poging tot verkragting, seksuele aanranding en crimen injuria.

Die saak is tot 20 Januarie 2021 uitgestel en hy is uit op bail van R5 000.

Die polisie ondersoek die saak nog.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters