22 dae gelede
'Sekspes' by ma se huis opgespoor
Willem Breytenbach
Willem Breytenbach  ~ Instagram

DIE oudonnie en voormalige joernalis Willem Breytenbach is na 'n intense soektog by sy ma se huis in Reebok, 'n klein dorpie naby Mosselbaai, opgespoor.

Breytenbach wou geen kommentaar lewer oor aantygings dat hy 'n sekspes is nie.

"Ek het niks op hierdie oomblik te sê nie," het hy deur sy veiligheidshek gesê.

Deon Wigget het op sy podcast My Only Story gesê Breytenbach het hom verkrag. Ander het ook na vore gekom.

Die voorval het na bewering gebeur toe Breytenbach destyds as onderwyser by Grey College in Bloemfontein gewerk het.

Breytenbach het latere jare as onderwysverslaggewer vir Die Burger gewerk en het van 1995 en 2003 Naspers se skoolkoerantprojek bestuur. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters