12 dae gelede
Saunders vra vir eie kenner
Verskyning: Juanita Pieters, die ma van die vermoorde driejarige Courtney Pieters, staan gister buite die Kaapse hooggeregshof.Foto’s: Peter Abrahams  ~ 

MORTIMER Saunders soek sy eie patoloog.

Saunders loop hof in verband met die moord op Courtney Pieters (3) van Elsiesrivier.

Hy was ’n loseerder by die meisie se ouerhuis toe sy op 4 Mei 2017 vermis geraak het.

Saunders was saam met Courtney en haar broer (6) by die huis terwyl hul ouers by die werk was.

Die staat voer aan Saunders het Courtney versmoor, vergiftig of verwurg. Hy staan ook tereg op aanklag van verkragting.

Die hof het gister gehoor Saunders is nie happy met die staatspatoloog se bevindings oor die rape-aanklag nie.

Sy lawyer van Legal Aid, Mornay Calitz, het aan die hof gesê hulle wil ’n privaat patoloog aanstel, maar dat dit eers deur die departement van justisie toegelaat moet word omdat justisie vir die patoloog sal moet betaal.

Volgens ’n ingeligte betwis Saunders dat hy sy penis gebruik het om haar te verkrag. Die persoon sê Saunders beweer hy het Courtney met sy hand verkrag.

Saunders het kalm voorgekom selfs toe mense in die galery hom vloekwoorde toegesnou het.

Die hofsaal was stampvol, maar Roegshanda Pascoe van die Manenberg Safety Forum het gesê dit was steeds te min hofgangers.

“Waar is die duisende mense wat aan die begin by die landdroshof-verskynings opgedaag het? Hulle was ook nêrens te sien by haar grafsteen-onthulling nie.

“Mense se belangstelling verdwyn oor ’n tydperk en dit is hoekom die howe ons nooit ernstig sal opneem nie.”

Courtney se ouers, Juanita Pieters en Aaron Fourie, was ook in die hof.

  • Die saak is op 28 Mei weer in die hooggeregshof.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters