10 dae gelede
Sassa: Besluit 'n flop
 ~ 

SASSA se besluit om die meeste van sy eie betaalpunte vir grants te sluit, het luidens ’n verslag ’n verwoestende uitwerking op begunstigdes.

Die Black Sash en die Universiteit van Wes-Kaapland se departement politieke studies het ’n ondersoek gedoen na die uitwerking daarvan op mense wat grants moet kry.

Die studie wys die onkoste vir  begunstigdes om hulle grant-geld te kry, het die hoogte in geskiet. Dis veral op plattelandse dorpe waar mense vervoerkoste moet betaal om na groter dorpe te gaan vir hulle geld.

Luidens die studie is die stelsel boonop soms offline en soms is daar nie eens genoeg geld om Sassa-begunstigdes uit te betaal nie.

In Desember 2017 het Sassa en die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) ’n ooreenkoms aangegaan om die uitbetalings te doen. Luidens die ooreenkoms kan begunstigdes gratis dienste kry by takke van  die poskantoor,  Sassa-betaalpunte en sekere handelaars.

In 2018 het Sassa die tenderproses vir ’n diensverskaffer laat vaar. Sassa het toe sy betaalpunte van 10?000 na 1?780 verminder.

Die res van die betaalpunte is onder beheer van Sapo geplaas.

Black Sash sê in ’n verklaring: “Die toemaak van 80% van betaalpunte het ’n verwoestende uitwerking op begunstigdes.

“Begunstigdes het ’n grondwetlike reg om die volle value van hulle maandelikse grant te kry.

“Mense moet nou in rye staan by poskantore en handelaars en ATM’s en daar is nie altyd sitplek, water, shelter, toilette of sekuriteit nie.

Pensioenarisse staan ure en wag en baie moet ver ry om hulle geld te kry of moet na Sassa-kantore gaan om navraag te doen.

“Begunstigdes moet in baie gevalle omdraai sonder hulle geld weens ’n tekort aan kontant.”

Volgens die UWK het Sassa allerhande beloftes gemaak oor hoe hy die oorskakeling so gemaklik as moontlik gaan maak en ’n “klomp dienste” gaan verskaf.

So het Sassa byvoorbeeld belowe om te help met vervoer na betaalpunte.

“Ons studie wys begunstigdes is nie bewus van dié dienste of van die beloftes om te help met vervoer nie,” lees die studie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters