28 dae gelede
SAPS unit teiken glo oud-bendelid

’N VOORMALIGE bendelid van Hermanus beweer die anti-gang unit het by sy huis ingebars en nou is R45 000 van sy geld missing.

Noel Hendricks sê hy is deesdae ’n broker.

Hy sê: “Ek is glad nie meer by bendes betrokke nie, maar die polisie dink nie so nie.”

Hy kla dat die polisie-eenheid hom treiter oor hulle inligting uit hom wil kry oor ’n saak wat hulle ondersoek.

Hendricks sê: “Ten tye van die raid was ek nie by die huis nie oor dit deel is van my borgtogvoorwaardes in ’n saak waarby ek betrokke is.”

Volgens hom is die optrede van die bloues net om erkenning van die minister van polisie, Bheki Cele, te kry.

warboel: Die huis is chaoties nadat dit geraid is.

Hulle gebruik glo dié taktieke om sake teen verdagtes te bou.

Hendricks vertel: “Hulle wil kwaai lyk by die minister, maar hulle is soes skollies.

“Hulle frame my en my vrou se neef vir ou, onopgeloste sake van lank terug.

“Hulle probeer dit nou op ons druk.

“Hulle soek inligting by ons, maar ons is nie sulke vuilgatte nie.

“Ons dra in elk geval nie kennis van die sake nie.”

Volgens Hendricks het die anti-gang unit op 27 Augustus by sy huis toegeslaan toe niemand tuis was nie.

Hy verduidelik: “My dogter, wat vir die brandweer werk, het van die werk af gekom.

“Sy het hulle nog by die huis gevang. Hulle het my hek en deur afgebreek.

“Ons het agtergekom dat R45 000 en twee grosse sigarette missing is en my kameras by die huis is afgebreek. My computer se hard drive is ook missing.

Toestemming
vernietig: Die voordeur se hek is uit sy kosyn geruk.FOTO’S VERSKAF

“Hulle is bewus daarvan dat daar evidence op is van die saak waarby ek betrokke is.”

Volgens Hendricks het hy by die hof toestemming gekry om weer in die betrokke huis te kan bly.

Hy sê sy kinders leef in vrees en wil nie eens meer by die huis slaap nie, aangesien dit nou al die vierde keer is dat die polisie by sy huis toeslaan.

Hendricks sê toe hulle verlede week die polisie kontak om te hoor hoe ver die saak is, moes hulle hoor daar is nie ’n saak geregistreer nie.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het die gesin Donderdag gekontak en belowe om die saak aan ’n ander speurder te gee, sê hy.

Ndileka Cola, Opod-woordvoerder, het gesê sy wag nog op bevestiging.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters