2 maande gelede
SAPD soek outjie oor 3 aanvalle
PRINCE SHAUYAFOTO VERSKAF  ~ 

DIE polisie in Lutzville soek na Prince Shauya, ook bekend as Kikimton Mauya, om hulle behulpsaam te wees met ondersoeke.

Shauya (28) het in Lutzville gewoon en het later in Lwandle in die Strand gaan bly.

Hy is oorspronklik van Zimbabwe en die polisie soek hom al sedert 2013.

Shauya word gesoek in verband met drie aanrandingsake.

Die eerste voorval was in Julie 2013 toe hy na bewering iemand met ’n mes gesteek het.

Plaas

Die tweede voorval was in dieselfde maand en hy word weens gewone aanranding gesoek.

Die derde voorval was in November 2013 en hy het iemand toe glo geskop en geslaan.

Al drie voorvalle het gebeur op ’n plaas waar hy gebly het.

Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

Enige iemand met inligting oor hom kan kapt. Handré Bishop bel by 027 217 4000/4004 of 082 778 6940.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters