Verlede maand
Samewerking lei tot twee se arrestasie

SAMEWERKING tussen die polisie en die gemeenskap het die afgelope naweek tot die arrestasie van twee mans gelei.

Die polisie in Bishop Lavis het vroeg Sondagoggend inligting van die gemeenskap ontvang dat dwelms by 'n huis in Bitterblaarstraat, Bonteheuwel, verkoop word.

Hulle het die perseel deeglik ondersoek het 91 sakkies Tik, 23 halwe Mandrax-tablette en een pak dagga gevind.

'n 25-jarige verdagte is toe gearresteer op 'n klag van besit van dwelms. 

Sondag om 20:30 het die anti-gang unit 'n 30-jarige verdagte in Hanover Park gearresteer nadat hulle ook inligting opgevolg het.

Die verdagtes is met 'n 9mm-vuurwapen en ammunisie is in sy besit gekry.

Kapt. FC Van Wyk, 'n polisiewoordvoerder, sê hul strewe daarna om onwettige vuurwapens van die strate te haal en was die afgelope tyd suksesvol.

In 'n onverwante voorval het die Bishop Lavis se polisie ook Saterdag 'n 19-jarige man gearresteer vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Die polisie het omtrent 18:10 by die verdagte se huis in Vlaboomstraat, Bonteheuwel uitgesteek.

Lede van die polisie wat besig was met misdaadvoorkomingpatrollies het gesien hoe twee verdagtes vlug.

Die 19-jarige het die vuurwapen op 'n huis se dak gegooi.

Hy is daarna gearresteer.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters