7 dae gelede
Sakdief by mall kom moses teë
toneel: Só het dit ná die skietery by die mall gelyk.Foto: JONATHAN LESTRADE  ~ 

DIE polisie het vroeër vandeesweek ’n ge­wapende rower in sy spore gestop.

Dit was voor Airport Mall in Belhar.

Die cops was besig om inligting op te volg oor verdagtes wat betrokke is by hijackings en gewapende rooftogte.

By die mall het hulle twee mense opgelet wat verdag voorkom. Toe nader die twee ’n vrou en gryp haar handsak.

Berig

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die cops het dadelik gereageer. Die verdagtes het op hulle begin skiet.

Son het gister berig oor die skietery by die mall.

Een van die verdagtes is gewond. Hy is onder polisiebewaking in die hospitaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters