5 maande gelede
Safety ’n probleem vir drywers
wiele rol: Taxidrywers in Delft behoort vandag terug op die pad te wees. Foto: MELINDA STUURMAN  ~ 

’N MAN is gister gearresteer nadat hy en sy makkers op lede van die Stad Kaapstad se Law En­force­ment Neighbourhood Safety Team (NST) geskiet het.

Daar word vermoed dat die aanval dalk verband hou met die taxi-oorlog wat in Delft aan die gang is.

Die beamptes was op patrollie toe hulle ’n verdagte taxi op die hoek van Delft se hoofweg en Voorbrugstraat sien.

Wayne Dyason, woordvoerder van die Stad se wetstoepassingsafdeling, sê drie gewapende mans het uit die voertuig gespring en weggehardloop toe hulle die beamptes gewaar.

Intimideer

“Een van die mans het op die beamptes geskiet. Die koeëls het die beamptes gelukkig gemis.

“Een verdagte is in hegtenis geneem terwyl sy makkers tussen die huise verdwyn het.

“Die taxi waarin hulle was, se bestuurder het ook weggery en later te voet gevlug,” sê Dyason.

Hy sê hulle vermoed die verdagtes wat in die taxi was, drywers probeer intimideer het om nie te werk nie.

Intussen het die meeste van die taxi’s gister weer begin ry nadat drywers Maandag gestaak het oor hul veiligheid.

Onbeskermd

Onder meer is hulle ongelukkig oor die Cape Amalgamated Taxi Association (Cata) wat na bewering permitte gekry het en ook nou mense in Delft vervoer.

Die taxidrywers en eienaars voel ook dat hulle onbeskermd is en dat hul drywers en eienaars deur Cata-lede vermoor word.

Volgens Naziem Daniels, voorsitter van die Delft-Kaapstad Taxi assocation, hoop hulle dinge keer vandag na normaal terug.

“Ons kan nie die gemeenskap teleurstel nie,” het Naziem Daniels bygevoeg.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters