11 dae gelede
Saak teen Modack en vier lê oor
Nafiz Modack. Foto: Peter Abrahams, Son  ~ 

DIE ondersoek in die saak van afpersing teen die vermeende onderwêreld-dikding Nafiz Modack is nog nie afgehandel nie.

Modack, Colin Booysen, Ashley Fields, Jacques Cronjé en Carl Lackay het gister vlugtig in die Kaapse streekhof verskyn.

Carl is die broer van die vermeende leier van die Sexy Boys-bende, Jerome “Donkie” Booysen.

Die vyf het eienaars van restaurante in die middestad na bewering afgepers om hul sekuriteits­maatskappy te huur.

Gedurende Modack se aansoek om borgtog, wat weke gesloer het, het die staat aangevoer hy is die kingpin van die onderwêreld-sekuriteitsbedryf.

Die saak is tot 27 Julie uitgestel toe die hof verwittig is dat sekere besonderhede nog van die beskuldigdes verkry moet word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters