7 dae gelede
Rydiens ‘push’ gestremde uit
PUSH! Selwyn Bieding sê hy het nog nooit iemand met die p-woord gevloek nie.  ~ Jonathan Lestrade

DIE confusion rondom die woord “push” kan tot groot ongerief lei.

Vra maar vir Selwyn Bieding. Hy is van die lys van Dial-a-Ride, ’n vervoerdiens vir gestremdes, verwyder oor die gebruik van die p-woord.

Bieding sê hy gebruik Dial-a-Ride al die afgelope 18 jaar, maar hy voel nou dié diens het hom vir ’n ride gevat.

Dié 62-jarige uncle van Kensington verduidelik alles gaan oor ’n phone call wat verkeerd verstaan is.

“Dié dag het ek saam ’n agent gepraat om die dienste vir nóg ’n klant te boek.

“Dis iets wat ek al jare gedoen het omdat daar mense is wat nie hul hande kan gebruik nie.”

Bieding sê die agent het hom toe ingelig hy kan nie die booking namens iemand anders maak nie en hulle het dus nie die trip vir die gestremde vrou bespreek nie.

“Ek het toe weer gebel en gevra of ek saam ’n manager kan praat sodat ek die situasie aan hom kan verduidelik.

Vloek

“Terselfdertyd het iemand aan my voordeur geklop. Toe skreeu ek: ‘Push!’ Maar toe dink die agent ek sê haar p–.”

Die Stad Kaapstad het Bieding toe laat weet hy is van dié diens se rol geskrap.

“Hulle het glo na die recording geluister en gehoor ek vloek haar onderste gedeelte, maar ek het nie.

“Ek het Engels gepraat en hulle weet mos nie wat daai oomblik binne-in my huis aangegaan het nie.”

Bieding het toe ’n meeting met seniors van die Stad probeer kry, maar hy sê hy is nie dié geleentheid gegun nie.

“Ek weet nie hoekom hulle aanhou dat ek die vrou uitgevloek het nie. Behalwe dit, is ek die go-ahead gegee om vir ander mense ’n booking te maak wat nie die gebruik van hul hande het nie.

“Ek dink meer dis omdat ek ’n whistleblower was oor die swak diens.”

Hy bevestig daar was wel tye dat hy kwaad geraak het wanneer dit by swak diens gekom het, maar sweer hoog en laag hy was nooit onbeskof nie.

“Hulle sê ek is nie goed met my mond nie, maar ek was ál die jare loyal aan die diens. Ek was hul oë.

“Nou moet ek twee taxi’s vat. Ek moet ook hulp van ander kry, net omdat ek ‘push’ gesê het.”

VERVOERDIENS: Bieding sê die Stad Kaapstad vat hom nou ná 18 jaar se lojaliteit vir ’n ride. Foto: Jonathan Lestrade

Felicity Purchase, die Stad se mayco-lid belas met vervoer, sê egter Bieding se vuil mond en abuse van die call centre se personeel het hom sy plek op die lys gekos.

Purchase sê die diens se reëls stel dit duidelik niemand kan namens iemand anders ’n booking maak nie.

Volgens haar was die beamptes bereid om die kwessie met Bieding te bespreek, maar hy’t daarop aangedring om met ’n senior beampte te praat.

Purchase sê ’n beampte het ’n aanlyn vergadering met Bieding gereël waartoe hy ingestem het, maar Bieding het dit later gekanselleer en op ’n face-to-face ontmoeting aangedring.

Purchase sê hulle is besig om so ’n vergadering te reël wat in lyn met die Covid-19-protokolle sal plaasvind.

Volgens Bieding sal hierdie vergadering inderdaad môre plaasvind.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters