3 maande gelede
Rus sag, Shaleen
shaleen surtie-richards
Shaleen Surtie-Richards is Sondag in Durbanville met 'n staatsbegrafnis gegroet.  ~ 

DIE ikoniese Shaleen Surtie-Richards is Sondag finaal gegroet met ’n pragtige begrafnis geskik vir ’n queen. 

Shaleen se jarelange kunstenaarsvriende Basil Appollis, Royston Stoffels en June van Merch het haar lewe en loopbaan op ’n unieke manier aan begrafnisgangers opgedra. 

Lionel Surtie het sy suster se begrafnisdiens behartig met ’n pragtige boodskap getiteld “Moenie Vrees Nie”.

“Dit is nie die dood wat ons moet vrees nie, maar dat ons nooit lewe nie.

Patricia de Lille, die minister van openbare werke, het ’n ernstige saak aangeraak. 

“Shaleen Surtie-Richards se dood moet ’n wake-up call wees vir ons om kunstenaars en die kunstebedryf te beskerm,” het De Lille se boodskap gelees.

Onder die rouklaers was die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, die Wes-Kaapse minister vir kultuur en sport, Anroux Marais, Emo Adams, Soli Philander, Euodia Samson, Crystal Donna Roberts, Marlene le Roux, Karin Kortje en Don Vino Prins. 

Koebaai, Shaleen, jy sal vir ewig in ons harte wees.

  • Lees die volledige artikel Maandag 14 Junie 2021 in Son koerant.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters