Verlede maand
Ruiters het ’n smile op dial
Beskuldigde: Abigail Ruiters smile gister breed by die Kaapse hooggeregshof. Sy is die ma van die vermoorde Jeremiah.Foto: MELINDA STUURMAN  ~ 

EN NOU, as Abigail Ruiters so by die hof smile?

Vir ’n lang tyd het Ruiters g’n glimlag op haar gesig gehad nie en was half huilerig.

Maar gister het sy met ’n groot smile op haar gesig rondgeloop.

Dalk is dit oor sy haar oudste dogter, Kiana (11), gister vir die tweede keer in ’n paar dae in die hof gesien het.

Die meisiekind het ’n reuse-taak waarvoor baie volwassenes nie eens sal kans sien nie.

Dit was die tweede keer sedert verlede week dat sy haar dogter gesien het.

Mishandeling

Maar die kleintjie is in die Kaapse hooggeregshof onder hartseer-omstandighede.

Haar ma, Abigail, en dié se ex-boyfriend Amee­rudien Peters staan tereg vir die moord op Kiana se broertjie, die 17 maande oue Jeremiah.

Hulle word ook aangekla van die mishandeling van Kiana en haar jonger sussie.

Jeremiah is op 12 Junie 2017 in die kliniek in Factreton dood nadat Peters met hom daar opgedaag het.

Dis nie duidelik of die meisie net oor die klag van kindermishandeling getuig of ook oor haar boetie nie.

Die verhoor is verlede week kortgeknip en uitgestel omdat die kind te emosioneel was. Dit is gister hervat.

Ingevolge die Kinderwet is haar getuienis in camera.

Haar biologiese pa, Wesley Timm, het verlede week buite die hof gesê sy dogter is ’n baie sterk meisie en albei sy dogters doen goed.

Timm is ook Jeremiah se pa.

Sedert hulle ma in hegtenis geneem en Jere­miah dood is, woon die sussies by Timm.

Timm en Ruiters was 12 jaar in ’n verhouding. Dit het in Maart 2015 verbrokkel.

Timm het in Mei getuig sy ouers het hom ingelig oor Jeremiah se dood.

Hy het die kind later by die kliniek uitgeken en hy is met ’n polisievrou daar weg om sy twee dogters te gaan oplaai.

Timm het getuig sy dogters bly sedert Desember 2017 by hom en hy betaal 100% vir alles.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters