5 maande gelede
Ruim beloning vir info oor Tazne
Tazne van Wyk  ~ Foto Verskaf

DAAR is nou ’n R10 000 reward uit vir enige een met inligting wat kan lei tot die arrestasie van Moyhdian Pangarker en die een wat vir klein Tazne van Wyk (8) kan vind.

Die Wes Kaapse minister van gemeenskapsveiliheid Albert Fritz, het gister die inligting met Tazne se mammie Carmen, gedeel toe hy haar gaan besoek het.

Minister Fritz sê die belangrikste op die huidige oomblik is om vir klein Tazne op te spoor.

“Al kry ons net die kind is dit genoeg. Ons wil haar terug aan haar mammie gee. Om hom (Pangarker) te kry is ook ’n bonus.”

Díé minister met die sagte hart het ook berading vir die mammie aangebied.

“Ons bly positief. Ons het moed dat sy gevind gaan word want die gemeenskap werk rondom die klok saam die polisie en die verskillende organisasies wat ook nie moed opgee in hul soektogte nie.”

Hy het ook sy kommer uitgespreek oor fake nuus wat soos veldvure oral aangesteek word en die gemeenskap se senuwees op hol jaag.

“Vandag is presies ses dae sedert die meisie vermis is, daarom het ons die inisiatief geneem om ’n reward daar te stel. Maar net vir regte nuus.”

fritz
Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, saam met Tazne se ma, Carmen. Foto: Jonathan Lestrade


Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters