24 dae gelede
#KYK: Royals besoek Monwabisi-strand
prins harry,hertog,hertogin
Prins Harry en Meghan was Dinsdagoggend op Monwabisi-strand as deel van hul ondersteuning aan die Waves of Change-veldtog.  ~ Peter Abrahams

NIEMAND kan nie Kaapse suidooster blameer as hy dink hy’s royalty nie want die waai tog te lekker met die besoek van die hertog en hertogin van Sussex, Prins Harry en Meghan.

Dinsdagoggend was die royals op Monwabisi-strand as deel van hul ondersteuning aan die Waves of Change-veldtog.

Die twee royal lovebirds het Maandagmiddag hul besoek aan Suid-Afrika in Nyanga begin. Hulle is deur The Justice Desk, ’n organisasie sonder winsbejag, by die Trinity Methodist Society kerk ontvang.

Maandagmiddag het die twee die Distrik Ses-museum, as deel van Erfenismaand, besoek. Daar het hulle oor die geskiedenis van die area geleer en met inwoners gepraat.

Hulle het toe die dag afgesluit met ’n besoek aan die Homecoming Centre waar hulle aan ’n kook aktiwiteit deelgeneem het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters