25 dae gelede
Royal-toer skop in Nyanga af
royals
Prins Harry en Meghan, hertog en hertogin van Sussex, kom in Nyanga aan.  ~ peter abrahams

DIE hertog en hertogin van Sussex, Prins Harry en Meghan, het Maandagmiddag hul besoek aan Suid-Afrika in Nyanga afgeskop.

Hulle is deur The Justice Desk, 'n menseregte-organisasie, by die Trinity Methodist Society ontvang.

The Justice Desk leer kinders oor hul regte, selfbewustheid en veiligheid. Die program bied ook selfverdedigingsklasse en vrouebemagtigingsopleiding aan jong meisies in die gemeenskap aan.

Die royals het een van die werkswinkel bygewoon.

The Justice Desk word gesteun deur die Queen's Commonwealth Trust waarvan Harry die president en Meghan die adjunkpresident is.

Luidens people.com het Meghan vir haar heel eerste besoek aan Suid-Afrika 'n swart en wit maxi wrap-rok van Myamiko - 'n handelsmerk van Malawi, een van die lande wat hulle gaan besoek - met swart Castañer wedges daarby gedra.

Sy en Harry het drukkies aan kindertjies uitgedeel en saamgedans terwyl hulle by die kerk ingestap het.

Die royals besoek later die Distrik Ses-museum as deel van Erfenismaand om oor die geskiedenis van die area te leer en met inwoners te praat.

Hulle gaan die dag afsluit met 'n besoek aan die Homecoming Centre voordat hulle aan 'n kookaktiwiteit gaan deelneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters