6 dae gelede
Rowers vang ’n pos op Black Friday
Angus McKenzie  ~ Melinda Stuurman

DIT was Black Friday by die poskantoor.

Terwyl duisende Kapenaars Vrydag na winkelsentrums gestroom het om ’n Black Friday special te score, het boewe ook van die geleentheid gebruik gemaak.

’n Groep rowers het die Bonteheuwel Poskantoor hulle target gemaak en daar ’n gewapende rooftog uitgevoer.

Son verneem by ’n anonieme bron dat hulle met ’n cash bag met R100 000 daar weg is. Die rooftog by die poskantoor was na bewering ’n inside job.

Volgens die wyksraadslid van dié area, Angus McKenzie, het die voorval Vrydagoggend plaasgevind. Drie of vier onbekende mans, een van hulle met ’n vuurwapen, het by die poskantoor ingegaan en die kontant demand. Hulle het daarna in ’n VW Jetta weggery.

“Alles is stil-stil gedoen en die rowers is net so gou weg soos wat hulle ingegaan het.

Geweet

“Geen skote is afgevuur nie en geen beserings aangemeld nie. Dit lyk baie professioneel. Dit lyk hulle het geweet watter tyd hulle moes ingegaan het om nog die kontant te kan kry,” vertel McKenzie.

Hy sê verder ten spyte van al die CCTV-kameras langs die pad waar die voorval gebeur het, het die polisie geen leads in die saak nie.

Mihlali Majikela, polisiewoordvoerder, bevestig die cops ondersoek ’n saak van sakeroof. Geen arrestasies is nog gedoen nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters