4 dae gelede
Rowers slaan toe op juwelierswinkel in Kuilsrivier
juweliersware
Die voorval het omstreeks 10:05 by die American Swiss in Zevenwacht-winkelsentrum afgespeel.  ~ 

DIE polisie ondersoek ’n saak van rooftog, nadat 'n juwelierswinkel in 'n winkelsentrem beroof was.

Die voorval het Dinsdagoggend omstreeks 10:05 by die American Swiss in Zevenwacht-winkelsentrum afgespeel, wat werkers erg getraumatiseer gelaat het.

Een van die werkers, wie gevra het om anoniem te bly, vertel aan Son dat drie gemaskerde rowers by die winkel ingeloop het en die werkers met vuurwapens begin dreig het.

"Alles het net so vinnig gebeur.

"Hulle het net ingeloop, die guns op die werkers gerig en toe jewelry, geld en selfone gevat, voor hulle gevlug het." 

Die winkel is kort na die voorval vir die dag gesluit.

"Niemand is beseer nie en gelukkig was daar nie geskiet nie," voeg die werker by.

Kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, bevestig die voorval en sê niemand is nog gearresteer nie.

"Drie gewapende verdagtes het die personeel met vuurwapens aangehou en met 'n onbekende aantal selfone in 'n silwer VW Polo gevlug." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters