13 dae gelede
Rowers skiet drywer van geldtrok in die kop
TONEEL: Die gewaagde rooftog is helder oordag uitgevoer.  ~ Leon Knipe

’N MAN is gisteroggend in die kaping van ’n geldtrok in die kop geskiet.

Die voorval het naby Bonteheuwel in Robert Sobukweweg gebeur.

Mans in ’n silwer Volks­wagen Golf 5 het op die geldwa losgebrand.

Verskeie koeëldoppies is op die toneel gekry.

Die bestuurder is in die skietery in die kop gewond. Hy is tans in die hospitaal.

Wetstoepassers het die Golf, wat van die toneel weggejaag het, agtervolg.

Die gewapende rowers het in die rigting van Guguletu gejaag.

Weggekom

Die polisie het die toneel vir ure gefynkam op soek na enige leidrade.

Daar was ’n groot polisieteenwoordigheid op die toneel, insluitend metro cops.

Dit is onduidelik of die verdagtes met enige kontant weggekom het.

Kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dit was ’n transito-rooftog.

Die saak word nou deur die nasionale polisie hanteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters