2 jaar gelede
Rowers hol en maak ’n ongeluk
vasgetrek: Die polisie vang die verdagtes op die toneel met gesteelde goedere in hul besit.foto verskaf  ~ 

VIER vermeende lede van die crowbar gang het Dinsdag hul gat gesien nadat hulle gedurende ’n jaagtog ’n ongeluk veroorsaak het.

Volgens ’n bron was die verdagtes van ’n wit Toyota Etios by ’n inbraak in Athlone betrokke.

Hulle terroriseer glo al weke huiseienaars van Grassy Park en Athlone.

Maar Dinsdag het die gemeenskap vinnig gespeel en die polisie ingelig dat nog ’n huis in die Athlone-omgewing geteiken word.

Insittendes

Inwoners het toe agter die kar aangejaag en die verdagtes het in Robert Sobukweweg, oorkant Charlesville, teen ’n taxi gebots.

Die vier insittendes is gearresteer nadat gesteelde goedere in hul besit gevind is.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, bevestig die arrestasies.

“Die voorval het omstreeks 13:30 plaasgevind en vier mans is met ’n gesteelde flat-screen TV en ’n Proline laptop gearresteer.”

Enige een met inligting kan die ondersoekbeampte, konst. Silwana, by 021 935 9803 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters