4 dae gelede
Rower sterf toe robbery skeefloop
NOODLOTTIG: Dié wannabe rower is na bewering met sy eie vuurwapen doodgeskiet.  ~ Foto Verskaf

’N ROWER wat Saterdag saam met vier van sy makkers ’n drankwinkel in die Strand wou beroof, is vermoedelik met sy eie vuurwapen doodgeskiet.

Lt.kol. André Traut, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het 10:45 in Hoofweg plaasgevind toe die rowers Jose’s Liquor Store wou beroof.

Volgens Traut het die mans die besigheid binne gegaan, die eienaar met ’n vuurwapen gedreig en geld geëis.

Daar het toe na bewering ’n struweling met een van die rowers ontstaan en ’n skoot het afgegaan wat die rower getref het.

Gesluit

Die ander vier rowers het gevlug terwyl die een wat gewond is buite die winkel aan sy wonde beswyk het. Dié vier is steeds op vrye voet.

Hoofweg was etlike ure gesluit terwyl die polisie met hulle ondersoek op die toneel besig was.

Die cops het met ’n geregtelike nadoodse ondersoek begin.

Mense op die toneel wat saam met Son gepraat het, sê dis ’n wonderwerk dat daar nie meer mense beseer is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters