2 maande gelede
Rotsklimmer sterf in Kalkbaai
rotsklim
'n Man is die afgelope naweek dood in 'n rotsklimongeluk.  ~ ER24

'N MAN is Sondag dood ná hy ernstige beserings in 'n rotsklimongeluk in Kalkbaai opgedoen het.

ER24 sê in 'n verklaring hulle het om 15:00 op die toneel gekom en die 70-jarige man in 'n kritieke toestand gevind.

Russel Meiring, 'n ER24-woordvoerder, sê 'n helikopter is gebruik om die man van die berg te haal, maar hy het 'n kort rukkie daarna aan sy beserings beswyk.

Meiring sê geen besonderhede rondom die voorval is bekend.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters