6 dae gelede
Rook eis dalk haar lewe
Cobie RossouwFoto: NETWERK24  ~ 

TERWYL die 59-jarige Cobie Rossouw se seun, Louis, as vrywilliger die brand help bestry het wat die Overstrand-area verswelg het, het sy by die huis gekla haar bors voel benoud, berig Netwerk24.

En kort nadat Rossouw vir ’n besoekende vriend gesê het sy sukkel om asem te haal, is sy dood.

Volgens Carla Cheyne-Rossouw, Rossouw se skoondogter, is hulle nog nie seker waaraan sy oorlede is nie.

Hulle vermoed dis weens rookinaseming.

’n Verdagte (34) is intussen aangekeer vir die oortreding van die Wet op Natuurbewaring. Dié klag is ernstiger as brandstigting. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters