4 maande gelede
Rooftog by drankplek: Cops gryp 2
 ~ 

SKELMS het Donderdag probeer opstock met wyn voordat die dop-curfew inskop.

Drie verdagtes het na verneem word die Cambridge-drankwinkel in die Town Centre, Mitchells Plain, getarget.

’n Bron sê die rowers het by die winkel ingestap en die werkers met ’n vuurwapen gedreig. Volgens die bron het dit na-uurs gebeur toe die werkers al besig was om die drankwinkel skoon te maak.

Gearresteer

“Hulle het met nege bottels wyn weggekom nadat hulle die werkers gedreig het, maar die polisie was vinnig op hul spoor.”

Volgens kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, is twee verdagtes gearresteer.

“Een van die verdagtes het dit reggekry om weg te kom.”

Traut voeg by dat lede ook vier van die nege gesteelde bottels wyn teruggekry het.

Die twee verdagtes (40 en 27 jaar oud) verskyn eersdaags in die Mitchells Plain- landdroshof op ’n klag van sakeroof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters