12 dae gelede
Rooftog by dop shop: 5 gesoek
 ~ 

DIE polisie van die Strand soek die hulp van die publiek nadat Liquor City, ’n drankwinkel, Vrydag in Main Road in Van der Stel in die Strand beroof is.

Die voorval het omstreeks 13:30 plaasgevind toe twee mans ’n vrou wat by die goedere-ontvangs gewerk het, gekonfronteer het.

Die vrou het weggehardloop en die twee het haar gejaag en terug na die winkel gebring.

Leeg

Dáár het nog drie rowers by hulle aangesluit en die personeel beveel om op die grond te lê.

Die bestuurder is toe beveel om die safe oop te maak, waarna die rowers dit leeg gemaak het. Hulle het R136 200 uit die safe gehaal.

Hulle het ook die bestuurder van sy wallet met R6 300 beroof.

Die rowers het in ’n wit voertuig weggejaag.

  • Enige iemand met inligting word gevra om lt.kol. Franklin Plaatjies by 082 469 3359 te bel.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters