4 dae gelede
Rolspelers soek oplossings vir N2-geweld
petrol-bombed
Groot skade is aan 'n motor aangerig toe 'n petrolbom daarheen geslinger is.  ~ twitter

DIE gemeenskap van Strand het 'n vergadering met verskeie rolspelers gehou om die kwessie rondom veiligheid in die omgewing en veral die N2 te bespreek.

Verskeie aanvalle op die N2 is die afgelope naweek aangemeld. Twee mense is beseer en in die hospitaal opgeneem toe klippe na hul motors gegooi is. 'n Petrolbom is ook na 'n motor geslinger.

Die pad tussen Broadlandsweg en Overwachtstraat in Sir Lowry's Pass moes weens die aanvalle gesluit word.

Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Kenny Africa, die Wes-Kaapse verkeershoof,  raadslede van verskeie politieke partye, die gemeenskapspolisiëringsforum en die polisie was onder andere deel van die vergadering.

Fritz sê Africa se kantoor gaan vir die korttermyn patrollies hou met wetstoepassingsagentskappe om die situasie dop te hou.

Hy sê 'n gemeenskapveiligheidsforum gaan op die mediumtermyn begin word met diegene wat aangestel gaan word wat sal help om onluste onmiddellik te keer.

"As 'n langtermynstrategie moet ons ernstig die kwessie rondom grondhervorming oorweeg en gesprekke voer met Sanral, Asla, Stad Kaapstad asook die provinsiale- en nasionale regering. Beter koördinasie en kommunikasie is nodig tussen alle regeringsfere, sektore en bedrywe. Dit is die sleutel om ons provinsie te beveilig," sê Fritz. 


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters