5 dae gelede
Rohde kies toe mang bo borgtog
Wagtend: Jason Rohde het besluit hy gaan maar in die mang op die howe se beslissings wag.  ~ Peter Abrahams

DIE veroordeelde killer Jason Rohde het besluit om eerder in die tronk vir die uitspraak van die grondwetlike hof te wag as om weer om borgtog aansoek te doen.

Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, sê hulle is deur Rohde se regspan van dié voornemens ingelig. Rohde het vantevore alle pogings aangewend om uit die tronk te bly. Hy hou vol hy het nie sy vrou, Susan, vermoor nie, en dat sy selfmoord gepleeg. Sy borgtog is in die jongste hofuitspraak nie verleng nie.

Duur

Sy lawyer, Tony Mostert, sê hulle sal nie weer om borgtog aansoek doen nie, want die ConCourt-aansoek en sy kliënt se petisie aan die appèlhof gaan min of meer ewe lank duur.

Susan Rohde is in 2016 in die badkamer by die Spier-wynlandgoed dood aangetref.

Die paartjie het huweliksprobleme gehad nadat Susan uitgevind het haar man het ’n affair met die eiendomsagent, Jolene Alterskye. Sy wou die krake in hul huwelik fix.

Rohde sê hy het ’n nap gaan vat en toe hy opstaan, kon hy nie die badkamer betree nie.

Gestage

Toe die maintenance-personeel die deur oopmaak, het hulle Susan met ’n koord om haar nek gekry.

Rohde hou vol sy vrou het selfmoord gepleeg, maar die Wes-Kaapse hooggeregshof het bevind sy is vermoor en die toneel was gestage om soos ’n selfmoord te lyk. Rohde voel regter Gayaat Salie-Hlophe was biased en het fouteer met die wyse waarop sy die saak hanteer het.

Hy het Saterdag begin om sy 15 jaar vonnis uit te dien – ’n vonnis wat deur die appèlhof van die aanvanklike 20 jaar na 15 jaar verminder is. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters