29 dae gelede
Rob terug selle toe
okay, bye: Rob Packham se dogters groet gister hulle pa in die hof voordat hy in hegtenis geneem is.  ~ 
tronk toe: Rob Packham word gister uit die hof gelei nadat hy gehoor het sy borgtog word herroep.

’N BRIEFIE aan sy mistress het Rob Packham die geleentheid gekos om sy dogter se troue by te woon.

Sy dogters se trane het gerol toe hulle vir hulle pa koebaai sê.

Packham is aangekla van die moord op sy vrou, Gill Packham, wie se lyk in die kattebak van haar uitgebrande motor by die Dieprivier-polisiestasie gevind is nadat sy in Februarie vanjaar vermis geraak het.

Packham is vroeër die maand in hegtenis geneem nadat hy direk kontak met ’n staatsgetuie, sy mistress, gemaak het.

Die staatsgetuie met wie hy drie jaar in ’n buite-egtelike verhouding was, is ’n lid van ’n swingers-klub.

okay, bye: Rob Packham se dogters groet gister hulle pa in die hof voordat hy in hegtenis geneem is.

Sy het op 5 December by die staat gekla oor die brief wat sy via pos by haar werkplek ontvang het van ene Richard Hopkins, wat ook voorheen e-posse aan haar gestuur het. Packham deny dat hy die skrywer van die brief is.

Volgens regter Elizabeth Baartman het die staat op ’n balans van waarskynlikhede getoon dat Pakham die skrywer van die Desember-korrespondensie aan die staatsgetuie is.

Hy het dit in stryd met sy borgtog-voorwaardes gedoen.

“Hy is ook die skrywer van die korrespondensie wat die staatsgetuie se vriendin ontvang het, veral die Oktober-korrespondensie wat per

geweier: Rob Packham se borgtog is herroep en hy sal nou sit hangende die afhandeliing van sy verhoor. Foto’s: PETER ABRAHAMS

elektroniese pos gestuur is,” sê Baartman.

Baartman sê die staatsgetuie het gevoel die kontak van Packham was “harassing”.

“Sy borgtog het van R50 000 tot R75 000 gestyg in ’n poging om hom by sy borgtog-voorwaardes te laat hou.

“Hy is onder huis­arres onder streng voorwaardes geplaas, maar nadat hierdie maatreëls ingestel is, het hy steeds nie aan die hofbevel voldoen nie.”

Dis waarom sy bevind het dat Packham sy borgtog-voorwaardes oortree het.

“Die respondent word in hegtenis geneem in afwagting van die finalisering van sy verhoor, tensy ’n bevoegde hof anders beveel.”

Die hofsaak is tot 11 Maart uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters