14 dae gelede
Regters in sake teen mekaar
John Hlophe  ~ Foto Verskaf

DIE Regterlike Gedragskomitee (RGK) sal oor ’n week daaroor beslis of die klagtes rakende die provinsie se regter-president, John Hlophe, en sy adjunk, Patricia Goliath, wel ondersoek sal word.

Goliath het Hlo­phe by die Regterlike Dienskommissie (RDK) verkla vir verbal abuse, viktimisering en gewelddadigheid teenoor ’n ondergeskikte.

Goliath het ook Hlophe se vrou, Gayaat Salie-Hlophe, by die klagtes betrek.

Volgens haar word Salie-Hlophe liederlik voorgetrek.

Hlophe het teruggeslaan en ’n klag van wangedrag teen Goliath ingedien. Hy beweer sy het die inhoud van haar klag aan die media verklap om sy image te skaad.

Waarheid

Die RGK sal volgende Vrydag op ’n vergadering in die grondwethof besluit of die klagte ondersoek sal word.

As daar enige waarheid in die klagte steek, kan hulle albei aan regterlike wangedrag skuldig bevind word, sê die adjunk-hoofregter, Raymond Zondo.

Zondo is die voorsitter van die RDK se RGK.

Goliath en Hlophe moet teen Maandag vertoë aan die RGK rig.

Hulle mag die RGK ook toespreek as Zondo hulle toestemming daartoe verleen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters