13 dae gelede
‘Regering moet begin luister’
Lucinda Evans  ~ Peter Abrahams

JARE sing verskillende kinderorganisasies reeds dieselfde tune: Ondersteun ons mission sodat ons kinders veiliger kan wees.

Mense wat in die voorste linie van die provinsie vir ons kinders veg, het gesels oor hoe hulle oor die saak voel.

Suster Magda Kleyn van die Tehillah-sentrum sê prontuit sy plaas nie meer hoop in die regering nie.

Suster Kleyn sê nadat sy van die kinderontvoeringstatistieke in die Wes-Kaap gehoor het, sien sy geen lig vir kinders nie.

“Dis eenvoudig. Die regering gee nie om nie. Al probeer ons as organisasies baie hard om die gap te vul, is dit die regering se ondersteuning wat ons steeds nodig het.”

Kleyn vertel hoe sy voor lockdown kinderveiligheidskwessies met die regering gedeel het.

“Ek het hulle gewaarsku om safe places te verskaf omdat ons kinders nie by die skool gaan wees nie, maar ek het geen terugvoer gekry nie.”

Kleyn wys ook vinger na party ouers wat nalatig is.

“Daar is van die ouers wat hul kinders in die gevaar stuur, soos verlede maand toe twee kinders, vyf en nege jaar oud, verby ’n gevaarlike veld geloop het om kos te kom vra.

“Dan kry jy ook die polisie wat oor niks bekommerd is nie. Dis die system overall.

“Nog ’n voorbeeld is wanneer ’n social worker verby klein kinders ry. Hoekom stop hulle nie? Die mense moet weer ’n passie vir hul werk kry.”

Henry Arends van die Mitchells Plain-krisis­forum stem saam met Kleyn en glo as die regering net na die mense op die grond luister, sal kinderontvoering iets van die verlede wees.

“Dis soos die tyd toe ons vir ’n kinderkommissaris gevra het. Hoekom het hulle nie onmiddellik ge­reageer nie? Baie kinders kon veilig gevind word.

“Nou vra ons weer vir ondersteuning op die grond, want daar is baie cold cases wat heropen moet word.

“Ons as organisasies is bereid om die werk op die grond te doen, maar ons need hulp van die regering.”

Blaam

Arends glo ook vas as die regering voorsiening vir veilige huise en ouer-kinderprogramme maak, sal dinge verbeter.

“Die system dra gedeeltelik die blaam, want hulle kon dit keer.”

Lucinda Evans, voorsitter van Philisa Abafazi Bethu, sê ook as die regering net ernstiger oor kinderbeskerming was, sou dinge miskien beter gewees het.

“Ja, oukei, ons het ’n kinderkommissaris, maar wat is haar rol? Wat doen sy en het sy toerusting om haar rol uit te oefen?”

Evans stem saam met haar kollegas en sê dat die organisasies baie hulp van die regering benodig.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters