10 dae gelede
Regering hou vol oor aksieplan
Nosiviwe Mapisa-Nqakula Foto: jonathan lestrade  ~ 

DIE nasionale regering hou vol hy het ’n plan om die geweld teen vroue en kinders te stop.

Die ministers van die justice cluster het die media gister in die parlement daaroor toegespreek.

Die justice cluster se voorsitter is die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Sy sê: “Baie dinge het die laaste weke plaasgevind. Kinders het gesterf. En ons is spyt dit het gebeur.

“Ons wil die publiek graag verseker dat die intelligensiedienste hard aan die werk is.

“Ons sal die wette hersien om te verseker dat mense wat weens seksmisdrywe gestraf is, nie op parool vrygelaat word nie.”

Spoedig

Ronald Lamola, minister van justisie, sê op sy beurt sy departement het landwyd reeds 92 spesiale howe wat seksmisdrywe ondersoek, geopen.

Dis om seksverwante sake spoediger af te handel, sê hy. Lamola sê verder die regering sal nog 11 soortgelyke howe landwyd open.

Volgens hom voer hy tans met die Nasionale Vervolgingsgesag samesprekings oor die moontlikheid om ook mobiele howe landwyd te open.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters