12 dae gelede
Reën? Dis tog net water
tra-la-la: Die Good-party lok kiesers in Happy Valley met sang.  ~ 

POLITICIANS het bitter­ min van hulle beloftes aan die inwoners van Blikkiesdorp nagekom.

Tog hoop die inwoners dat hulle stemme dié keer verandering sal meebring.

Honderde inwoners van dié plakkerskamp het gister die reën getrotseer om hul kruisie te gaan trek.

Riedewaan Lucas (65) en sy vrou, Najela (56), was twee van hulle.

Die couple woon al ses jaar in Blikkiesdorp. Riedewaan sê hy stem sodat almal eendag gelyk kan wees.

Hy sê nie net die rykes moet voordeel trek uit die verkiesing nie.

“Of jy nou ’n Moslem, Christen, swart, bruin of wit is, almal moet gelyk wees,” meen hy.

Najela sê sy stem sodat haar kinders meer geleenthede gebied kan word.

optimisties: Michelle de Jongh sê haar stem kan ’n verskil maak.

Sy voeg by: “Ek stem ook dat die kinders kan skoolgaan waar hulle ook kos kan kry.”

Michelle de Jongh (42) sê sy stem vir ’n beter land.

De Jongh sê: “Ek is al 10 jaar in Blikkiesdorp en dinge het wel verander.

“Dis baie veiliger as voorheen en hier is nou speelparkies vir die kinders.”

Valentino Arendse (45) sê hy hoop sy stem dra by tot werkskepping. Arendse, wat al vier jaar werkloos is, verkoop scrap.

In Happy Valley het kiesers al voor 07:00 begin toustaan.

Jong mense

Pligsgetrou: Sarah Brown (54) stem omdat sy voel sy móét.

Sarah Brown (55) sê haar huis se dak lek, en voeg by: “Niemand doen tog vir ons niks, maar ek stem omdat ek móét.

“Ons sal maar sien of dit ’n verskil gaan maak.”

Elzaan Lawaai (36) sê haar stem is vir meer skole, hulpbronne en werk vir jong mense.

Margreth Roman van die IEC sê die bywoning van veral jong mense was goed.

Roman sê: “Hulle stel belang in wat aangaan in die land.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters