16 dae gelede
‘Redder’ rape toe ook victim
Geregtigheid: ’n Vrou van Kalkfontein wat in 2017 verkrag is, se tweede rapist het life gekry.FOTO TER ILLUSTRASIE  ~ 

’N MAN wat ’n vrou wat reeds verkrag is weer verkrag het en haar van ’n goue tand beroof het, is lewenslange tronkstraf opgelê.

Cassiem Kordom is verlede week in die Blue Downs-landdroshof gevonnis.

Kordom is skuldig bevind op twee klagte van verkragting sowel as roof en ontvoering.

Hy het in 2017 ’n 19-jarige vrou in ’n wendyhuis in Wesbank verkrag.

’n Man, net bekend as “Smile”, het die vrou vroeër die aand ook verkrag.

Smile het die vrou van Kalkfontein raakgeloop toe sy van ’n kuierplek af huis toe gestap het.

Belowe

Hy het haar toe in bosse verkrag en haar na sy woonplek in Wesbank geneem waar hy haar weer verkrag het.

Smile en die vrou is van die perseel verjaag.

Terwyl hulle op die pad was, het Kordom na hulle gekom en vir Smile aangerand. Hy het die vrou belowe hy gaan die polisie bel en haar veilig aan die polisie besorg.

Toe die vrou by Kordom se plek aankom, het hy haar gedreig en haar deur die nag verkrag.

Die volgende oggend het hy haar goue tand uit haar mond geruk en haar beveel om sy huis te verlaat.

Die vrou het Kordom uitgewys en hy is aangekeer.

Smile is nooit aangekeer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters