Verlede maand
Redder beseer in crèche-brand
BOLLE ROOK: Die crèche staan in ligte laaie.  ~ Foto Verskaf

’N BRANDWEERVROU het gisteroggend ligte beserings opgedoen toe ’n crèche, Splendid Kids in Parow, aan die brand geslaan het.

Die plafon van die gebou het op haar geval toe sy en ander brandweermanne die brand probeer blus het.

’n Gedeelte van die crèche, wat in De Tyger in Parow geleë is, het aan die brand geslaan.

Ontstaan

Die kinders is betyds uit die gebou verwyder en niemand anders is beseer nie.

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van Stad Kaapstad se nood-en-reddingsdienste, was die brandweerdiens van Goodwood, Belhar, Brooklyn en Milnerton op die toneel.

Die brand, wat 07:50 die oggend ontstaan het, was binne ure geblus.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend en ’n ondersoek is tans aan die gang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters