Verlede maand
’Red tape’ hou troepe ledig
werk saam: Die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Alan Winde, vra die publiek se hulp.Foto:JONATHAN LESTRADE  ~ 

TALLE mense het die naweek gesneuwel in bendegeteisterde gebiede op die Kaapse Vlakte.

Dít terwyl hulle nog wag dat die army daar ontplooi word.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê 43 moorde is by die provinsiale forensiese dienste aangemeld.

Son het vroeër berig die minister van polisie, Bheki Cele, het belowe die army sou Vrydag in bendegeteisterde gebiede ontplooi word.

Die troepe het wel in die Kaap aangekom, maar is nie ontplooi nie.

Winde sê dis weens ’n vertraging in die papierwerk.

Altesaam 11 gebiede is uitgesonder vir die ontplooiing van troepe.

Hoog

Dit is Bishop Lavis, Delft, Elsiesrivier, Khayelitsha, Kraaifontein, Manenberg, Mfuleni, Mitchells Plain, Nyanga­, Manenberg en Philippi.

Winde sê bendeverwante moorde dié naweek was nog hoog, al is polisie-eenhede versterk.

Hy verwelkom dit egter dat 143 arrestasies gedoen is sedert die polisie van Donderdag af gesamentlike operasies in Delft, Steenberg en Philippi uitgevoer het.

Cele en belanghebbende partye het die naweek ’n beraad teen misdaad in die Paarl gehou.

Winde sê: “Die sterftesyfer dié naweek is ’n bewys dat geen tyd gemors moet word met die ontplooiing van die army nie.

“Ek vra minister Cele en pres. Cyril Ramaphosa om die papierwerk uit te sorteer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters