9 dae gelede
RDM begin weer toets na ongeluk
werk voortFoto: jonathan lEstrade  ~ 

RHEINMETALL Denel Munition (RDM) het gister weer begin ammunisie toets.

Dit volg op verlede Maandag se ontploffing by dié wapen-aanleg buite Macassar waarin ag mense dood is.

Norbert Schulze, CEO van RDM, sê dis belangrik dat die gemeenskap ingelig word oor wat op die site aangaan.

“Mense sal seker weer geluide hoor by die aanleg.

“Dis omdat ons weer voortgaan om ammunisie te toets.

“Mense moenie skrik nie,” het hy gewaarsku.

Sensitief

Volgens Schulze verstaan RDM dat die gemeenskap steeds getraumatiseer is oor die voorval.

Hy sê die maatskappy sal alles moontlik doen om sensitief te wees oor die gebeure.

“Ons rou steeds oor die groot verlies in ons gemeenskap en moet mekaar ondersteun deur ’n moeilike tyd.”

Schulze het die ver­sekering gegee dat Rheinmetall Denel Munition sal voortgaan om die gemeenskap in te lig oor wat gebeur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters