9 maande gelede
Rashied Staggie buite sy huis vermoor
skietery
Die toneel waar die skietery na bewering plaasgevind het.  ~ Peter Abrahams

DIT gons in die strate van Soutrivier dat Rashied Staggie, voormalige leier van die Hard Livings-bende, Vrydag in dié Kaapse woonbuurt geskiet is.

Staggie is volgens ooggetuies op die toneel in Londonweg in die kop en been getref.

Staggie het in 'n grys Toyota Yaris gesit toe twee mans die kar nader en op hom begin losbrand.

Sy seun het met hom na Grootte Schuur-hospitaal gejaag.

Sy suster, Ingrid Carolus, het op die toneel gesê: "Hy is dood, hy is dood..."

'n Polisiebron sê “Hy kon nie oorleef nie, daardie voertuig is vol bullets.”

Polisie op die toneel voeg by: “Die CCTV-beeldmateriaal van sy huis wys hoe twee mans net na 09:00 die kar nader en begin skiet.”

Die ander insittende van die kar is nie beseer nie en kon vlug.

'n Polisie bron voeg by: “Dis duidelik hulle was agter Staggie. Na die skietery kan gesien word hoe die mans in die straat op loop.”

Staggie se skietery is ure nadat ‘n Hard Livings leier, bekend as Ballie Tips, met twee skote in die kop Vrydagmiddag in Westridge in Mitchell’s Plain vermoor is.

Staggie se tweelingbroer, Rashaad, is deur lede van Pagad in 1996 geskiet en lewend aan die brand gesteek.

Daar word beweer dat daar op Rashaad se seun ook geskiet is, maar dat hy nog lewe.

Hou Son dop vir meer inligting

toneel
Die toneel in Soutrivier waar Rashied Staggie na bewering geskiet is.
skeit
Die grys Toyota Yaris waarin hy na bewering gery het.
son
Linda Carolus, 'n familielid van Staggie kom by die toneel aan.
foto
'n Familielid van Rashied Staggie word op die toneel getroos.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters