Verlede maand
Rashaat vlam op oor crime
Moordtoneel: Die uitgebrande lyke van twee mans van Hillview is Saterdag by Lavender Hill se sportveld gekry.  ~ Verskaf

BRUIN en swart inwoners van die plakkerskamp Over­come Heights baklei oor die toename in inbrake en rowery in die gebied.

Dit kom nadat twee bruin mans van Hillview na be­wering deur swart mense lewend aan die brand gesteek is. Daar word beweer die bruin mans het mense beroof.

Die mans se verkoolde lyke is Saterdagoggend by die sportveld in Lavender Hill aangetref.

Volgens ’n inwoner wat verkies om anoniem te bly, is die twee slagoffers eers aangerand.

Daarna is ’n matras op hulle gegooi en aan die brand gesteek.

Die omgekrapte inwoner sê: “Vanaf Saterdagaand patrolleer swart mans die gebied met knopkieries.

“Hulle wil van die skollies in die gebied ontslae raak, maar nou neem hulle die wet in hulle eie hande­.

“Daar is kinders wat stout is, maar wat hulle gedoen het, is wreed, verkeerd en teen die wet.

“Die cops sien hoe die mans die mense aanrand, maar hulle doen niks. Hulle kom maak ons kamp net deurmekaar.”

Die cops ondersoek die dubbele moord.

Tot dusver is niemand al gearresteer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters