27 dae gelede
Rasbom bars in Blikkies
MOORDTONEEL: Edwin Gordon se bebloede liggaam lê waar hy vermoor is. FOTO VERSKAF  ~ 

RASSESPANNING kook oor in Blikkiesdorp.

Verskeie inwoners se huise is Sondagaand met petrolbomme bestook en afgebrand. Sewe mense is glo al in die afgelope week se geweld dood.

Die cops en law enforcement het hulle hande vol met die gevegte tussen die swart en bruin inwoners.

Edwin Gordon is een van die sewe wat gesterf het. Sy vriend is beseer.

Gordon en sy vriend is Saterdagoggend deur ’n groep swart mans met pangas en knopkieries aangeval.

Volgens ’n inwoner wat verkies om anoniem te bly was Gordon en ’n pel op pad werk toe, toe hulle deur die mans voorgekeer is.

Hulle het na Gordon se huis gehardloop, waar die mans hulle vasgekeer en aangerand het.

Een van die mans het toe ’n gun in Gordon se mond gedruk en hom ten aanskoue van verskeie inwoners in die kop geskiet.

AFGEBRAND: Luciano Nolen en Ruwayda Adams krap tussen die as om te kyk wat gered kan word. Foto’s: JONATHAN LESTRADE
MOORDTONEEL: Edwin Gordon se bebloede liggaam lê waar hy vermoor is. FOTO VERSKAF

Sondagaand het ’n groep mans ook ses hokkies afgebrand.

Naomi Jonas, wie se hok afgebrand het, sê: “Hulle het eers my seun se hok probeer afbrand, maar ons kon die brand stop.

“Ons het die polisie gesoebat om nie van die toneel weg te gaan nie, want ons voel onveilig.

“Die polisie was skaars weg, toe petrolbom hulle my hok.”

Volgens ’n omgekrapte gemeenskapslid het alles verlede week ná ’n gemeenskapsvergadering oor die bendegeweld begin.

“Op die vergadering is gesê dat die gemeenskap self moet opstaan teen die bendes.

“Daarna het die Africans begin om mense willekeurig aan te rand en hokke af te breek.

BETOOG: Omgekrapte inwoners van Blikkiesdorp het tyres gebrand en paaie versper.
wapen: Die petrolbom waarmee een van die hokkies afgebrand is.

“Sommige van die mense is doodgeslaan en ander veg in die hospitaal vir hulle lewe.

“Hulle beveg nie meer crime nie, hulle maak nou dood.”

Nog ’n vreesbevange inwoner sê: “Een vrou is aangerand oor hulle nie haar man in die hande kon kry nie.

“Hulle het haar hok afgebreek en sy moes deur ’n venster spring om uit die mans se kloue te ontglip.”

Jo-Anne Cupido van die Wesbank Joint Committee sê baie mense wat hulle plekke verloor het, moet nou in die koue buite slaap.

“Daar word politiek met ons lewe gespeel.”

Volgens JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, is meer metro cops in Blikkiesdorp ontplooi.

“Ons is bewus van die rassespanning en bundu- howe wat daar plaasvind.

“Daar is verskeie mense gearresteer en ook ’n vuurwapen gekonfiskeer.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters