4 maande gelede
Publiek kan help verdagte opspoor
Madalitso KhanyozaFOTO VERSKAF  ~ 

DIE polisie se FCS-eenheid (Family Violence, Child Protec­tion and Sexual Offences Unit) van Muizenberg soek die publiek se hulp om ’n man op te spoor. Hy word gesoek in verband met ’n saak van seksuele oortreding.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, sers. Liesel Beukes, is ’n sewejarige meisie op Dinsdag 1 Januarie 2019 in Houtbaai seksueel aangerand.

“Die verdagte, Madalitso Khanyoza (23), word gesoek en ’n lasbrief vir sy arrestasie is uitgereik.”

Mense met inligting kan die ondersoek­beampte, speur-sers. De Jager, bel by 082 522 1075 of 021 784 2736. Of bel Crime Stop by 08600 10111.

Alle inligting word vertroulik gehanteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters