3 maande gelede
Programme vir jeug gelaunch
skrywers: Die Athlone Young Poets saam met minister Anroux Marais.  ~ 

ANROUX Marais, die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, het jeuggroepe Donderdag besoek om programme te launch sodat hulle bemagtig kan word.

Sy het in Athlone en Bellville met jeuggroepe vergader oor maatskaplike euwels wat ons gemeenskappe teister.

Talent

Marais was by die Ath­lone Young Poets en het deelgeneem aan ’n werksessie wat by Hoërskool Belgravia aangebied is.

Die Athlone Young Poets is Belgravia-leerders in gr. 10, 11 en 12 wat onder die beskerming van die Suid-Afrikaanse digteres Toni Stuart en die onderwyser Regan Ford werk.

Hulle is almal aspirant-digters en het hope talent.

Marais sê dit was ’n roerende en kragtige middag wat sy saam met die digters deurgebring het.

“Hulle gebruik woorde as ’n middel om hulle erva­rings te deel. Ons sê dankie aan Stuart en Ford vir die tyd wat hulle vir die leerders opoffer.”

Marais het later die lede van die Kinetic Cycling Club by die Bellville Velodrome ontmoet.

Die klub se voorsitter, O’Ryan Bruintjies, ander lede en fiets­ryers asook hulle families was teenwoordig om die minister te ontmoet.

Kinetic is een van die beste fietryklubs in die land en het tot dusver al drie Afrika-kampioene opgelewer.

Dít volg ondanks die min hulpmiddels tot die klub se beskikking.

Die fietsryers se families wat hulle bystaan en in als deel, is ’n riem onder die hart. So ook die programme wat aangebied word.

Marais sê: “Ons sal moeite doen om saam te werk en te kyk of ons meer kan doen om ontwikkelingsprogramme vir die jeug aan te bied.

“Ons moet vaardighede ontwikkel en talent identifiseer, en die nodige hulp beskikbaar stel sodat die klub kan voortgaan met sy goeie werk.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters