6 maande gelede
Premier groet bestes
Blinkstes: Die provinsie se topleerders is gister by ’n spesiale geleentheid vereer. Foto’s:MELINDA STUURMAN  ~ 

DIE Wes-Kaap se topmatrikulante en -skole van 2017 is gister by die premierswoning vir hul prestasies vereer.

Die premier, Helen Zille, en Debbie Schäfer, Wes-Kaapse minister van onderwys, het die geleentheid aangebied.

Schäfer het aan genooide leerders en leerkragte gesê sy is baie trots op hulle en die skole is.

“Ek is veral bly dat die Wes-Kaap die beste in die land presteer het ten opsigte van universiteitsvrystelling. Altesaam 39,1% van leerders hier het met vrystelling geslaag,” het sy gesê.

Die Wes-Kaap het 64,3% van sy leerders in die stelsel behou van gr. 10 tot matriek, 12,8% meer as Gauteng en 22% meer as die Vrystaat.

“In die Wes-Kaap sal ons fokus daarop bly om die gehalte te verhoog en te konsentreer op matrieks se slaagsyfers,” verduidelik sy.

Sy sê die Vrystaat en Gauteng moet op die uitkyk wees vir die Wes-Kaap, wat hulle elke jaar die stryd gaan aansê.

“Ons is hard aan die werk om te ontleed waar ons moet verbeter en ons is daartoe verbind om dit te doen,” waarsku Schäfer.

Die provinsie se topleerders is: Janke van Dyk van die Hoërskool Bellville is eerste; tweede is Matthys Louis Carstens van die Hoërskool Durbanville; en derde is Erin Michael Solomon van Rondebosch Boys’ High.

Die drie mees verbeterde skole in die provinsie is die Hoërskool Aloe in Athlone (eerste); die Hoërskool Si­thembele Matiso in Nyanga (tweede), en die Hoër Tegniese Skool Delft (derde).

In dieselfde kategorie het die Hoërskool Bellville-Suid ’n agtste plek behaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters