3 dae gelede
Pragpoppie mooi gegroet
Scarlett Cottle  ~ Foto Verskaf

DAAR was nie ’n droë oog by die begrafnis van klein Scarlett Cottle (4) die afgelope naweek nie.

Die pragpoppie is Saterdag ter ruste gelê nadat sy op 29 September haar oë vir die laaste keer toegemaak het.

Die vierjarige van Ottery was nog besig om in haar ouers se wendyhuis aan die slaap te raak toe die skote op die hoek van Bruce- en Edwardsstraat in Ottery begin klap het.

Struggle

Van die bullets het die meisietjie getref en sy is op pad hospitaal toe dood.

Son het gister met die meisie se gebroke mamma, Monique Cottle, gepraat.

Volgens Cottle is elke dag nog ’n struggle vir haar.

“Ek is tans op medikasie om my te kalmeer omdat ek nie die gevoel kan hanteer­ nie.

“Ek lewe sommige tye in my fantasy dat sy op vakansie is, maar dan skop reality in en alles voel weer soos daai aand.”

Cottle het ook uit die area getrek nadat daar ’n week ná Scarlett se dood in die wendyhuis ingebreek is.

“Hulle het geen remorse nie. Ek kon nie in dieselfde plek slaap waar my dogter vermoor is nie. Wat nog te sê alleen in dieselfde area bly waar haar moordenaars rondloop.”

Cottle sê die laaste keer dat sy in die area was, was toe haar dogter Saterdag begrawe is.

“Dit was ’n baie moeilike dag vir my, maar ek sê dankie vir almal wat ingechip het.

“Jy kon die sincerity op hul gesigte gesien het. Ek kon hul harte gevoel het en ek is dankbaar.

“Vir die funeral undertakers, dankie aan julle en selfs elke kind wat gehelp het. Dit was regtig ’n beautiful sendoff vir my meisie.”

’n Inwoner wat uit vrees verkies het om anoniem te bly, vertel aan Son dat Scarlett se dood almal geraak het en hulle aangespoor het om teen die bendes op te staan.

“Dis die eerste keer in 20-plus jaar dat ’n kleintjie doodgeskiet is. Maar dit sal die laaste wees.

“Ons gaan dit nie meer toelaat nie.

“Hulle het geen remorse of respek nie, want die Sondag ná Scarlett se funeral toe skiet hulle weer, maar ons het nie stilgesit nie.

Serious

“Het jy ooit ’n gemeenskap gesien wat agter die skieters aanhardloop in plaas van weghardloop?

“Dís hoe serious ons oor dit is.”

  • Intussen is twee mans in hegtenis geneem vir die skietvoorval waarin Scarlett dood is en waarin nog ’n onskuldige man ook sy lewe verloor het.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters