Verlede maand
Pot kos stuur 37 hospitaal toe
kook
Foto ter illustrasie  ~ Verskaf

WOENSDAGAAND is 37 mense, onder wie kinders, na verskillende hospitale gehaas nadat hulle voedselvergifting opgedoen het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, bevestig hul reddingspan het omstreeks 22:10 by die informele wonings in St. Patrick-laan in Seawinds opgedaag. Vroeër die dag is daar kos aan mense uitgedeel.

Meiring sê: “Daar word vermoed ’n aantal mense het uit ’n gemeenskaplike pot kos geëet. Daarna het die mense maagkrampe, naarheid en braking begin ondervind.

Simptome

“Dokters het die pasiënte ondersoek en bevind dat die 37 mense, onder wie verskeie kinders, oor die erge simp­tome gekla het.”

Hy sê al die pasiënte is na nabygeleë hospitale vervoer.

Die polisie bevestig ook dat hulle van die voorval bewus is.

By Son se aankoms in Seawinds, was mense van die gewone voedingsprogramme nie bewus van die vergifting nie. Dit het later aan die lig gekom dat die kos blykbaar deur ’n mobiele voedings­program geskenk is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters