Verlede maand
Polo-juffrou in diep water
brief: Die hoof, Gary Pearson, het dié brief aan die ouers gestuur.  ~ 

SEXY video’s en foto’s wat ’n waterpolo coach en onnie by die larnie Bishops Diocesan Col­lege in Rondebosch na bewering aan ’n skool­laitie gestuur het, het nou kop uitgesteek.

In ’n video lê Fiona Viotti (32) op haar bed met swart onderklere aan.

Sy verwyder eers die kombers, dan haar een bra strap en beweeg dan na haar panty. Sy verwyder nooit haar onderklere nie.

In een van die foto’s lê sy met kaal bene op die bed. Haar bene is gekruis met haar een hand daarop.

In ’n ander foto staan sy voor ’n spieël in die bad­kamer. Sy het net ’n wit lace panty aan.

Daar word beweer Viotti het dié selfies geneem en aan die skoolkind gestuur.

Guy Pearson, hoof van die seunskool in Rondebosch, het die ouers Saterdag verwittig die onderwyseres het bedank deur ’n brief aan hulle te e-pos.

Die brief lui: “Julle sal bewus wees daarvan dat een van ons onderwyseresse betrokke was by onvanpaste sek­suele gedrag met van ons seuns. Die juffrou het die skool onmiddellik verlaat.

“Verstaan asseblief dat die seuns die slag­offers is en dat ons hulle waardigheid en privaatheid altyd moet respekteer.

“Die voorval word nog ondersoek. As julle enige inligting het wat julle graag wil deel, kan julle my kom sien of ’n e-pos stuur. Ek sal dan kontak maak.”

Pearson sê verder in die brief dit is nie die seuns se skuld nie en hulle as die skool en ouers moet die seuns help beskerm en ondersteun.

Toe Son Viotti gister bel, het sy nie haar selfoon geantwoord nie.

Boodskappe op WhatsApp is gelees, maar sy het nie daarop gereageer nie.

Die onderwyseres is laas jaar met Pavo Viotti getroud. Hulle is na verneem word van bed en tafel geskei. Hy het ook nie sy selfoon geantwoord nie.

Kort nadat Son Viotti van die video’s en foto’s ingelig het, het haar prokureur, William Booth, gebel.

Booth het aan Son gesê: “Sy het dit (die video’s en foto’s) nie uitgestuur sodat die hele wêreld dit kan sien nie.”

Wag

Die regsverteenwoordiger het bevestig geen kriminele klagte word ondersoek nie en die saak word nog net deur die skool ondersoek.

Booth het bygevoeg: “Ons moet die waardigheid re­spekteer van almal wat betrokke is.

“Ons moet wag vir die skool om die ondersoek te voltooi.”

Die skoolkind ter sprake is ouer as 16, die wettige ouderdom vir consent om seks te hê.

IOL het berig die ding het op die lappe gekom toe ’n matrieklaitie sy verhouding met Viotti wou verbreek. Sy het hom na bewering toe op WhatsApp gedreig.

Volgens Rapport is haar pa, Dave Mallett, ’n onnie en rugby-afrigter by die skool.

Haar oom is die voormalige Springbok coach en rugby-analis Nick Mallett.

probleme: Fiona Viotti het bedank ná bewerings dat sy stout foto’s aan skoliere gestuur het. FOTO’S verskaf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters