4 dae gelede
Polisie soek twee rapists
VERDAGTE 1: Dié man word gesoek vir ’n voorval van verkragting in Mitchells Plain.  ~ Foto Verskfa

DIE Mitchells Plain-polisie soek twee verkragters.

As jy een van die twee gesigte hierbo herken, kontak­ AO Paul Wolmarans, wat albei sake ondersoek, by 021 376 97860 of die selnommers 082 301 9855 of 081 283 0007, of Crime Stop by 08600 10111.

Die eerste verdagte (met die smal gesig) word gesoek vir ’n verkragting net voor middernag op 6 Junie.

Beskryf

Volgens die slagoffer het sy haar kind se pa in Woodlands gaan soek toe twee ongeïdentifiseerde mans haar voorkeer. Hulle het haar toe in ’n oop veld langs Colorado verkrag. Sy kon net die een beskryf.

Die ander man word vir ’n verkragting omstreeks 22:30 ook op 6 Junie gesoek. Volgens die slagoffer was sy op pad na ’n vriend in Heinz Park. By die brug oor die R300 het ’n onbekende man haar verkrag.

Dié verdagte is 1,5 m lank, in sy 20’s en slank gebou.

VERDAGTE 2: Dié man word verbind met ’n ander verkragting in Mitchells Plain. Foto Verskaf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters