2 maande gelede
Polisie soek twee mans wat vrou aanrand
Beseer: ’n Vrou is naby die M5 deur twee mans aangerand. Foto: Foto24  ~ 

TWEE mans wat ’n vrou helder oordag voor haar man aangerand het, is nog op vrye voet.

Die bisarre voorval het Sondag 14:00 op ’n voetpaadjie langs die M5 by Soutrivier plaasgevind.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê die nooddienste se personeel is deur ADT-sekuriteit gebel. Volgens die wagte het die vrou en ’n man saam geloop toe twee mans hulle oorval het.

“Die vrou is in die bosse gevind. Sy het ernstige beserings opgedoen.”

ER24 en die Life Healthcare het die vrou op die toneel gestabiliseer voordat sy na ’n nabye hospitaal geneem is.

Die vrou se man het geen beserings opgedoen nie. Die aanvallers het weggekom.

Siyabulela Malo, ’n polisiewoordvoerder, sê die Maitland-polisie het intussen ’n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer, geopen. Hy sê die vrou moet nog ’n verklaring oor die gebeure aflê.

“Die omstandighede rondom die voorval is nog vaag, maar die ondersoek duur voort. Niemand is nog aangekeer nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters