14 dae gelede
Polisie lig hul game, en score
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Verskeie arrestasies is die afgelope paar dae uitgevoer.  ~ Foto ter illustrasie

’N KLOMP verdagtes is in die Nyanga-polisie-cluster gearresteer in ’n verskerpe poging om misdaad te beveg en op wapens beslag te lê.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, sê die poging was baie suksesvol.

’n Man (30) is Dinsdag in Samora Machel gearresteer vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Dit was nadat hy begin hardloop het toe hy die polisie opgemerk het.

Sewe verdagtes het Dinsdag in die Athlone-landdroshof verskyn nadat hulle Sondag en Maandag gearresteer is.

Aangerand

Die klagte teen hulle is hijacking, moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die verdagtes is gearresteer nadat hulle ’n e-hailing driver aangerand, besteel en sy kar gekaap het.

Hy is ontbied vir ’n trip van Mnandi Close in Browns Farm. Toe hy opdaag, het ’n vrou en man ingeklim, maar die deure oop gelaat.

Vyf mans het toe nadergekom en die driver aangeval, hom besteel en met sy kar weggery.

Die arme man is bloeiend langs die pad gelaat.

Gelukkig was daar polisielede in die omgewing.

Gelem

Rwexana sê die polisie­lede het die gekaapte voertuig gewaar. Mense was besig om rond te krap toe hulle gearresteer is.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op ’n man wat gelem is.

  • Die polisie het gister­oggend nóg welslae behaal toe hulle drie verdagtes gearresteer het vir die besit van ’n klomp parcels dagga.
  • ’n Toyota Avanza is voorgekeer, maar die driver het probeer wegjaag.

    Hy het egter nie ver gekom nie. Die polisie het die kar deursoek en op altesaam 47 parcels dagga af­gekom.

    Lewer kommentaar op hierdie artikel
    0 reaksies
    Lewer kommentaar
    Kommentaar 0 oorblywende karakters