Verlede maand
Poging ‘nie Nelli se eerste’
SO GELUKKIG: Dié foto is net die vorige naweek van die gelukkige paartjie Nelli Tembe en haar rapper-boyfriend Kiernan “AKA” Forbes geneem.  ~ Foto Verskaf

SONDAG was na ­bewering nie die eerste keer dat Anele “Nelli” Tembe (22) probeer het om van ’n hoë hotel af te spring nie.

In Desember laas jaar het die bekende rapper Kiernan Forbes, oftewel AKA, se verloofde blykbaar gedreig om van die dak van die Hilton Hotel in ­Durban af te spring.

In video’s in die sosiale kan gesien word hoe ’n vrou op die rand van die vyfsterhotel se dak sit. Later staan sy regop op die randjie van die 19-verdieping-gebou. In ’n stadium beweeg sy weg van die kant van die dak af en begin histeries huil en skreeu.

Sy skel dan op ’n man op die dak.

Independent News het destyds berig die vrou wat op die dak gesit het, is gered toe twee ­polisiebeamptes vinnig ­genoeg opgetree het.

Sr.supt. Parbhoo Sewpersadh, ’n woordvoerder van die polisie, het toe gesê waarnemende kaptein ­Jason Mangos en insp. Lee Bryant van die reddingspan het vinnig ­geskarrel om die vrou na veiligheid te bring.

Sewpersadh het gesê dat die vrou, “’n girlfriend van die bekende rapper AKA”, in ­Johannesburg woon.

Sy is later na ’n ­hospitaal geneem vir behandeling.

Tembe het na bewering Sondagoggend 10 vloere na haar dood gespring. Dít nadat sy en die rapper oënskynlik ’n baie gelukkige naweek saam gehad het.

Die celeb-paartjie was in die larney Pepperclub Hotel in Kaapstad tuis, toe die voorval gebeur het.

Pleeg

Forbes en Tembe, vir wie hy net laas week lobola betaal het, het na bewering ’n ­partytjie van een van sy vriende bygewoon.

’n Betroubare bron in die hotel het aan Son bevestig dat hy gesien het hoe ’n meisie van die 10de vloer afspring.

Die bron sê: “Ek het met my eie oë gesien hoe iemand selfmoord pleeg. Ek was baie verward. Ek het gesien hoe sy vanaf die 10de vloer spring.

Die families van Tembe en Forbes het Sondag in ’n verklaring bevestig dat Nelli tragies gesterf het.

Hulle het gesê Forbes is ontroosbaar en hy word deur ­familielede en vriende ­ondersteun.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters